Djokovic steeds topspeler ondanks besering
2011-11-14 14:31
Berlyn – Novak Djokovic het Maandag sy plek bo-aan die nuwe ATP wêreldranglys vir manlike tennisspelers behou, met die topvyf-name wat onveranderd gebly het.
Die Serwiër Djokovic het verlede week met ‘n skouerbesering uit die Parys-meesters getree, maar hy bly steeds voor Rafael Nadal van Spanje, die Brit Andy Murray, Switserland se Roger Federer en die Spanjaard David Ferrer op die ranglys.
Die naaswenner van die Parys-meesters, Jo-Wilfried Tsonga van Frankryk het twee plekke na die sesde plek op die lys geklim terwyl Serwië se Janko Tipsarevic 13 plekke na die top tien geklim het.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA