Djokovic met top-toekenning vereer
2012-02-07 11:11
Londen – Novak Djokovic het die top-toekenning vir 'n individuele sportman by die 2012 Laureus-toekennings ontvang terwyl Barcelona die spanprys gewen het.
Die eerste gekeurde tennisspeler is met die Sportman van die Jaar-toekenning tydens Maandag se seremonie in Londen vereer, 'n week nadat hy die Australiese Ope in Melbourne gewen het.
Barcelona se sokkerspan is as Span van die Jaar vereer, ná 'n suksesvolle 2011 toe Pep Guardiola se spelers die Spaanse én Kampioeneliga ingepalm het.
Die Keniaanse atleet Vivian Cheruiyot, wat die 5 000- en 10 000 m-titels by verlede jaar se Wêreldkampioenskap gewen het, het die toekenning vir Sportvrou van die Jaar ontvang.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- AP