Djokovic eindig 2012 op hoogtepunt
2012-11-19 15:37
Londen – Die Serwiër Novak Djokovic het vir die tweede agtereenvolgende jaar sy seisoen bo-aan die wêreldranglys afgesluit.
Op die ATP se nuutste ranglys, wat Maandag uitgereik is, spog Djokovic met 12,920 punte in die eerste posisie.
Roger Federer is tweede met 10,265 punte en Andy Murray is in die derde plek.
Die veteraan Radek Stepanek (34) het Nicolas Almagro die afgelope naweek geskok om 'n eerste Davisbeker-oorwinning aan die Tsjeggiese Republiek te besorg.
Stephanek se oorwinning het hom met ses plekke op die ranglys, na die 31ste posisie, laat opskuif.
ATP-ranglys:
1. Novak Djokovic (Serwië) 12,920 pts
2. Roger Federer (Switserland) 10,265
3. Andy Murray (Brittanje) 8000
4. Rafael Nadal (Spanje) 6795
5. David Ferrer (Spanje) 6430
6. Tomas Berdych (Tsjeggiese Republiek) 4680
7. Juan Martin Del Potro (Argentinië) 4480
8. Jo-Wilfried Tsonga (Frankryk) 3490
9. Janko Tipsarevic (Serwë) 2990
10. Richard Gasquet (Frankryk) 2515
11. Nicolas Almagro (Spanje) 2515
12. Juan Monaco (Argentinië) 2430
13. Milos Raonic (Kanada) 2380
14. John Isner (VSA) 2215
15. Marin Cilic (Kroasië) 2210
16. Gilles Simon (Frankryk) 2165
17. Stanislas Wawrinka (Switserland) 1900
18. Alexandr Dolgopolov Jr. (Oekraïne) 1855
19. Kei Nishikori (Japan) 1830
20. Philipp Kohlschreiber (Duitsland) 1770
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AFP