Djokovic te goed vir koning Nadal
2011-09-13 07:59
New York – Die eerste gekeurde Novak Djokovic van Serwië het Maandag die Amerikaanse Ope in New York gewen toe hy Rafael Nadal van Spanje in die eindronde geklop het, het RSG berig.
Djokovic het die verdedigende kampioen 6-2, 6-4, 6-7 en 6-1 geklop.
Dit is die derde Grand Slam trofee wat die Serwiër vanjaar gewen het, maar sy eerste Amerikaanse Ope-titel.
Hy het sy uitstekende seisoen toegeskryf aan 'n aansienlike beter dien, en dat hy fikser is.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– RSG