Dis Robin teen Rafael in Franse kwarteind

2011-05-31 08:59
Tweets Share Share line Print

Parys. – Rafael Nadal en Robin Soderling is oor die algemeen nie juis vriendelik met mekaar nie en dit was juis dié Sweed wat Nadal sy enigste nederlaag tot nog toe op Roland Garros toegedien het.

Verlede jaar was dit die eindstryd, maar vanjaar is dit sommer reeds in ’n kwarteindstryd dat dié twee tennisspelers mekaar om ’n plek in die halfeindronde van die Franse Ope die stryd gaan aansê.

Die loesing was in 2009 toe Nadal die viermalige verdedigende kampioen was.

Nadal, die beste speler ter wêreld en ’n vyfmalige wenner hier, het Ivan Ljubicic van Kroasië met 7-5 6-3 6-3 geklop.

Nadal probeer om Bjorn Borg se rekord van ses Franse Ope titels te ewenaar.

Sy vertoningslys op Roland Garros is tans 41-1.

Soderling, vyfde gekeur, het sonder om té veel te sweet die Fransman Gilles Simon (18de) met 6-2, 6-3, 7-6 ore aangesit.

Soderling het die afgelope twee jaar in die eindstryd van die Franse Ope gespeel.

In 2009 het hy teen Roger Federer verloor en verlede jaar teen Nadal.

Li Na (sesde gekeur) het die eerste Chinese speler geword wat die kwarteindronde van die Franse Ope haal nadat sy die Tsjeg Petra Kvitova met 2-6, 6-1, 6-3 geklop het.

Vroeër vanjaar was Li die eerste Chinese speler wat die eindstryd van ’n Grand Slam-toernooi gehaal het toe sy in die eindstryd van die Australiese Ope teen Kim Clijsters gespeel het.

Li is nie bekend vir haar vermoëns op kleibane nie, maar dit keer haar nie om hoog te mik nie.

“Ek het my wedstryd gewen, so wat moet ek sê. Ek probeer om op dieselfde vlak te speel as wat die geval in Melbourne was.
“Ek hou nie van kleibane nie, maar ek is steeds in die kwarteindronde. Vir ’n beroepspeler maak dit nie saak of jy van die baan, oppervlak of weer hou nie, jy móét net die wedstryd speel. Daar is nie ’n keuse nie.”

- Novak Djokovic het sonder enige hulp reeds onkeerbaar gelyk op pad na sy eerste titel op Roland Garros.

Nou gaan die Australiese Ope kampioen boonop ’n bykomende dag hê om te rus.

Sy teenstander in die kwarteindronde, Fabio Fognini van Italië, het hom weens ’n beseerde linkerdyspier aan die wedstryd onttrek.

Volgens Fognini was dit ’n moeilike en emosionele besluit, maar die risiko is te groot.

Djokovic het reeds 41 agtereenvolgende wedstryde sedert die begin van die seisoen gewen en benodig nog net een oorwinning om John McEnroe se rekord van 1984 te ewenaar.

Dié Serwiër se vordering gister tot in die halfeindronde sal egter nie as deel van dié segetog tel nie.

Dié naasbeste speler ter wêreld sal dus Sondag die trofee moet verower as hy dié rekord wil verbeter.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.


 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.