Dis Nadal teen Murray, Djokovic teen Tsonga
2011-06-29 23:03
Londen – Die verdedigende Wimbledon-kampioen, Rafael Nadal, het Woensdag seker gemaak van sy plek in die halfeindstryd van vanjaar se toernooi deur die 10de gekeurde Amerikaner, Mardy Fish, met 6-3, 6-3, 5-7, 6-4 te klop.
Die Spanjaard, wat die eerste plek op die wêreldranglys beklee, het sy aanhangers hul asem laat ophou nadat hy ‘n besering opgedoen het in sy oorwinning in die vierde ronde oor Juan Martin Del Porto, maar het geen teken van ongemaklikheid getoon in die kwarteindstryd nie.
Die derde gekeurde Roger Federer het vroeër onverwags teen die Fransman Jo-Wilfried Tsonga verloor.
Uitslae by Wimbledon Woensdag:
Mans: Kwarteindstryde
Novak Djokovic (2) van Serwië klop Bernard Tomic van Australië 6-2, 3-6, 6-3, 7-5
Jo-Wilfried Tsonga (12) van Frankryk klop Roger Federer (3) van Switserland 3-6, 6-7 (3), 6-4, 6-4, 6-4
Andy Murray (4) van Brittanje klop Feliciano Lopez van Spanje 6-3, 6-4, 6-4
Rafael Nadal (1) van Spanje klop Mardy Fish (10) van Amerika 6-3, 6-3, 5-7, 6-4
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA