Dis LJ teen Yank-blits in Katar

2011-05-05 07:57
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Dit is Vrydag in Doha, Katar, ’n geval van blits teen blits wanneer die Suid-Afrikaner LJ van Zyl en die Amerikaner Bershawn Jackson mekaar die stryd in die 400 m-hekkies op die eerste Diamantliga-atletiekbyeenkoms van die jaar aansê.

Van Zyl spog tot dusver vanjaar met die twee vinnigste tye in dié nommer, naamlik 47.66 en 47.73 sekondes. Verlede jaar was Jackson die vinnigste met ’n tyd van 47.32.

As statistieke in ag geneem word, moet Jackson die gunsteling wees. Van die 31 keer dat hulle met mekaar meegeding het, het die Amerikaner 23 keer vir Van Zyl weggehardloop.

Jackson het sedert 2006 twee keer in Doha teenoor Van Zyl se een keer gewen.

Maar syfers vertel nie altyd die volle verhaal nie.

Dit is 'n nuwe Van Zyl wat deesdae in die wegspringblokke sak. Die feit dat hy reeds twee keer vanjaar tye vinniger as 48 sekondes opgestel het, getuig daarvan.

Dit is nie enige atleet wat sulke tye kan hardloop nie. Sedert 2006 kon net 10 atlete die 400 hekkies vinniger as 48 sekondes aflê.

Jackson is ’n atleet wat ’n gewoonte daarvan maak. Verlede jaar het hy dit ses keer reggekry en van 2006 tot 2009 vier keer.

Kerron Clement van Amerika (sewe keer), sy landgenoot Angelo Taylor (vier keer) en Van Zyl en die Griek Periklis Iakovakis (albei drie keer) is die enigste ander atlete wat sedert 2006 meer as een keer tye vinniger as 48 sekondes kon opstel.

Van Zyl sien uit daarna om sy tweestryd met Jackson te hervat. “As jy teen Bershawn deelneem, is dit feitlik ’n uitgemaakte saak dat dit ’n goeie wedloop gaan wees, want hy ken net een manier om te hardloop en dit is voluit. Maar ek is reg vir hom. Ons sal sake oor die hekkies uitspook.”

Van Zyl was huiwerig om voorspellings oor tye te waag. “Natuurlik sal ek graag nog ’n vinnige tyd wil hardloop, maar ons sal maar sien wat gebeur.”

Hennie Kotzé, afrigter, maan dat Van Zyl se ondersteuners nie kan verwag dat hy elke keer vinniger as 48 sekondes hardloop as hy deelneem nie.

Vrydag se wedloop kan maklik daarop afstuur dat twee honde oor ’n been baklei en ’n derde loop daarmee weg.

Cornel Fredericks kan dalk ’n groot verrassing lewer. Hy spog tot dusver op twee en drie na met die vinnigste tye, naamlik 48.14 en 48.95.

Hy is ongetwyfeld die hekkiesatleet wat die afgelope drie jaar die meeste verbeter het.

In 2008 was sy beste tyd 50.39, in 2009 was dit 49.93, verlede jaar 48.79 en nou is dit 48.14.

Die Suid-Afrikaner Robert Oosthuizen sal in die spiesgooi in aksie wees.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: lj van zyl  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.