Die Seb wys al vroeg hy soek 9de wêreldtitel

2012-01-26 13:00
Tweets Share Share line Print

Die Fransman Sébastien Loeb het die naweek in Monte Carlo begin waar hy verlede jaar die WRC-seisoen afgesluit het – deur weer hakskene vir die res van die jaers te wys.

Loeb het in dié internasionale tydrenreeks se eerste ren van die nuwe seisoen met gemak gewen in sy Citroën DS3 nadat hy van begin tot einde voor gejaag het.

Die Spanjaard Dani Sordo was tweede in ’n Mini, gevolg deur die Noorweër Petter Solberg in ’n Ford Fiesta.
 
Die Monte Carlo-tydren het ’n welkome terugkeer na die WRC-reeks gemaak nadat dit lank nie op die kalender was nie.

Dis ook meer as vier dekades sedert ’n Mini daar aan ’n tydren deelgeneem het. Rauno Aaltonen het laas in 1967 in die “Monte” in ’n Mini gewen in die jare toe die Mini’s koning van die bergpaadjies was.

Deesdae se Mini’s is natuurlik ’n bietjie anders as die buksies waarmee in die jare sestig 60 gejaag is.

Vandag se Mini is maar eintlik ’n baba-BMW en ook heelwat groter as toentertyd se ikoniese rondritsers.

Tog behoort sy puik tweede plek ’n aanduiding te wees van die gedugtheid van dié nuwe span in die reeks. Die Mini’s sal bes moontlik Loeb se grootste uitdagers wees.

Terloops, die Fransman het verlede jaar sy agtste WRC-titel op ’n ry ingeoes en mik vanjaar na ’n ongekende negende titel.

Hy is ook onlangs in Frankryk as dié land se gewildste sportman aangewys.

Dit was ook ’n welkome terugkeer na die podium vir die veteraan en oudkampioen Solberg.

Solberg het weer ’n kontrak losgeslaan om vir die Ford-fabriek- span te ry. Dis nou nadat hy jare sonder ’n fabriekskontrak moes deelneem.

Die vlieënde Fin Mikko Hirvonen het in die vierde plek geëindig.

Hirvonen ry vanjaar nogal vir Citroën nadat hy die laaste paar seisoene ’n getroue Ford-jaer was.

Loeb se sege in sy “tuisren” was beslis nadruklik. Nie net het hy die maksimum van 25 punte met sy oorwinning ingeoes nie; hy het ook in die finale krag-skof teen die Col de la Madone (oor 5,1 km) uit gewen wat aan hom ’n verdere drie punte besorg het.

Die res van die jaers sal dus hul jaagwerk moet ken as hulle die Fransman vanjaar in toom wil hou.

Hy is duidelik op koers om nog ’n titel agter sy naam te kan skryf, maar soos Loeb ná die tyd gesê het: Dis wel gaaf om voor sy “tuisskare” te kon wen, maar dit is sy agterplaas en word op teerpaaie – sy sterk punt – beslis.

Die volgende ren is die Sweedse tydren (10 Februarie) en daar wag sneeubedekte paadjies op die jaers. Dit is daarom geen verrassing nie dat die Skandinawiese jaers daar baljaar op die podiumtrappe.

Dis dalk net die geleentheid wat Solberg en Hirvonen nodig het om Loeb vroegtydig te kan inkatrol. 

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: sebastien loeb  |  motorsport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.