Delhi-stadions bly leeg

2010-10-04 18:20
Tweets Share Share line Print

Nieu-Delhi - Regoor Nieu-Delhi het helder plakkate mense gepleit: “Kom uit en speel,” maar Maandag het hierdie wemelende stad se inwoners gekies om tuis te bly soos ‘n golf van onverskilligheid die Statebondspele begroet het.

Op die openingsdag is wedstryde gespeel in stadions wat spookagtig leeg was – ‘n kommerwekkende prentjie vir organiseerders wat gehoop het Sondag se wyd-toegejuigde openingseremonie het die probleme van die opbou tot die spele ter ruste gelê.

“Australië 76, toeskouers 58,” het ‘n opskrif op die aanlyn-weergawe van die Sidney Morning Herald gespot ná die eerste wedstryd in die netbalkompetisie in die Thyagaraj-sportkompleks, wat tot 4 500 toeskouers kan huisves.

“Australië se netbalspelers het meer doele aangeteken as wat daar toeskouers was,” het hul verslaggewer geskryf.

By die Major Dhyan Chand-hokkiestadion, wat 16 000 toeskouers kan huisves, kon nie eens Indië se vrouespan, wat in 2006 in Melbourne die silwer medalje gewen het, toeskouers trek nie. Slegs 200 mense het die wedstryd bygewoon.

Indië het dapper gebly in die aangesig van dié onverskilligheid.

“Ek is baie gelukkig met die publiek se ondersteuning en die manier waarop hul agter ons staan. Dit is altyd spesiaal om voor ‘n mens se tuisskare te speel,” het die speller Surinder Kaur gesê.

Dinge het net so bleek gelyk by die Siri Fort-sportkompleks, waar die eerste ronde van die muurbaltoernooi plaasgevind het. Dié kompleks kan 3 500 mense huisves, maar bywoningsyfers was hier ook baie laag.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- Sapa - AFP

Lees meer oor: statebondspele  |  nieu-delhi

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.