Davisbeker: SA kry Wimbledon-skeidsregter
2011-09-06 13:36
Johannesburg – Die Wimbledon-skeidsregter, Andrew Jarrett, is aangewys as die hoofskeidsregter vir die Davisbeker-kragmeting tussen Suid-Afrika en Kroasië, het RSG Dinsdag berig.
Die toernooi vind vanjaar vanaf 16 tot 19 September by die Noordwes-universiteit se Potchefstroom-kampus plaas.
Jarrett sal bygestaan word deur Fergus Murphy van Ierland en Daniel Infanger van Oostenryk.
Die wenner van die kragmeting sal volgende jaar in die Wêreldgroep speel.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– RSG