Daly dagvaar ná toeskouer glo besering veroorsaak
2011-03-04 07:52
Miami. – Die Amerikaanse gholfspeler John Daly dagvaar organiseerders van die Honda Classic-toernooi omdat hy hom in 2007 glo tydens dié toernooi beseer het.
Volgens Daly het hy ’n besering opgedoen toe hy halfpad deur sy swaai moes stop omdat sy aandag deur ’n toeskouer met ’n kamera afgetrek is.
Dié tweemalige major-wenner, wat hom aan die toernooi onttrek het, het Woensdag ’n klag by ’n hof in Florida ingedien en eis sowat R110 000 se skadevergoeding.
’n Vroulike toeskouer het glo ’n ou besering van Daly laat opvlam toe sy sy swaai met haar kamera-flits onderbreek het.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Reuters