DCM slaan slag by Boland-toer

2011-03-09 09:11
Tweets Share Share line Print

Paarl - Die eerste skof van die vierdaagse Tour de Boland het Dinsdag groot sukses vir die DCM-fietsryspan opgelewer.

Nie net het die DCM-jaer Herman Fouché dié skof oor 146 km in 3 uur, 35 minute en 35 sekondes gewen nie. Twee van sy spanmaats, Darren Lill en Ian McLeod, was saam met hom in die wegbreek-groep van 10 jaers wat sowat 2 minute voor die bondel eerste oor die wenstreep gejaag het.

Dié trio is nou reeds groot gunstelinge om die algehele titel te wen.

“Alles het vandag perfek vir ons verloop,” het Fouché gesê. “Bainskloofpas was gelukkig nie te steil of te taai nie en my spanmaats het my mooi bygestaan om seker te maak ek bly by hulle. Ek dink nogal dit was snaaks dat ons op die afdraand weggebreek het. Drie van ons was in dié groep en dit was so perfek.

“Ek het die laaste 15 km nie meer gehelp om die pas aan te gee nie, want Darren het gesê ek moet my spaar vir die naelrit.”

Christoff van Heerden (MTN-Qhubeka) en Johann Rabie (Bonitas) was onderskeidelik tweede en derde in die naelrit.

Van Heerden was wel tweede, maar MTN-Qhubeka se voorste jaers, Daryl Impey en Dennis van Niekerk, het nie beïndruk nie en is nou meer as 2 minute agter die voorlopers.

Die voorste o.23-jaer is Christiaan Kriek. Burry Stander (Specialized) is die voorloper in die bobaas van die berge-kompetisie.

Cherise Taylor (4:12:00) was die eerste vrou oor die wenstreep.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24 

Lees meer oor: fietsry  |  tour de boland

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.