Cosatu eis Chuene se kop
2009-09-24 14:43
Johannesburg - Atletiek Suid-Afrika (ASA) se baas Leonard Chuene moet bedank.
Só het die vakverbond Cosatu Donderdag gesê.
Cosatu het hierdie standpunt ingeneem by hul tiende nasionale konferensie in Midrand.
Chuene is in die spervuur oor die hele Caster Semenya saga. Chuene het erken dat hy gelieg het oor sy kennis van die geslagstoetse wat op die atleet gedoen is.
'n Spesiale oplossing vir hierdie saga was voorgestel deur Noluthando Mayende-Sibiya, minister van vroue, kinders en gestremdes. Tydens 'n debat oor die Semenya-saak het sekere unies aangedring daarop dat Chuene se kop moet rol.
Cosatu-afgevraadigdes het ook die atleet se behandeling wat sy in die media, vanaf die Iternasionale Atletiekfederasie (IAAF), asook van ASA af ontvang het, veroordeel.
Die enigste unie wat opgestaan het vir Chuene was die mynwerkersvakbond NUM, wat glo dat Chuene se saak moenie met dié van Semenya s'n nie verstrengel word nie.
"Ons moet vorentoe gaan en dít wat verkeerdelik aan Caster gedoen is, aanspreek. Ons moet die twee voorvalle van mekaar skei," het 'n Num-afgevaardigde gesê.
Die ASA vergader môre.
- Sapa