Contador word vrygespreek

2011-02-16 13:37
Tweets Share Share line Print

Madrid - In 'n dramatiese ommekeer het die Spaanse fietsryvereniging die driemalige Tour de France-kampioen, Alberto Contador, vrygespreek nadat hy vir 'n verbode middel positief getoets het.

Contador, se regsverteenwoordiger het gesê dié fietsryvereniging aanvaar die Spanjaard se verduideliking dat besmette vleis die oorsaak is vir sy positiewe toets.

Die fietsjaer het in Augustus verlede jaar aangekondig dat 'n klein hoeveelheid van die verbode middel clenbuterol in sy bloed gevind is tydens 'n opkikkertoets by die 2010 Tour de France.

"Ek is verlig en verheug oor die uitspraak. Die afgelope ses maande was baie stresvol," het Contador gesê nadat die Spaanse fietsryvereniging se finale uitspraak aangekondig is.

Dieselfde fietsryvereniging het Contador verlede maand (Januarie) geskors nadat dit voorstelle van 'n kompetisie komitee aanvaar het om hom vir 12 maande te skors.

Contador se nuwe span, Saxo Bank, het in 'n persverklaring gesê hy sal reeds vandag (Woensdag) weer die pedale trap wanneer die vyf dae lange Algarve-fietstoer in Portugal afskop.

Saxo Bank het bygevoeg dat die Spaanse fietsryvereniging die besluit gemaak het op grond van bewyse in die saak en Contador se verduideliking dat hy nie doelbewus die middel ingeneem het nie.

Maar die Internasionale fietsryvereniging (UCI) en Wada (wêreldliggaam teen verbode middels), het 'n maand tyd om in die hof vir arbitrasie in sport, teen die besluit te appelleer.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.