Contador tree dalk uit
2010-10-05 00:50
Madrid – Die Tour de France-kampioen, Alberto Contador, het Maandag gesê hy sal oorweeg om sy fietsryloopbaan te beëindig as hy geskors word.
Contador het verlede week aangekondig dat die urienemonster wat tydens vanjaar se Tour de France by hom geneem is, positief getoets het vir die verbode middel clenbuterol. En dat hy vir die duur van die ondersoek tydelik geskors is.
“As hierdie ondersoek nie vinnig opgelos word nie, sal ek moet oorweeg of ek ooit weer terug sal wil klim op ‘n fiets,” het Contador aan die Spaanse televisiekanaal Telecinco gesê.
Die Spanjaard blameer die uitslag van die toets op voedselvergiftiging.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24