Contador sal voor hof verskyn
2011-11-19 14:38
Madrid – Alberto Contador sal voor die arbitrasiehof vir sport verskyn om homself teen bewerings van die gebruik van verbode middels te verdedig.
“Hy sal soontoe gaan, maar ons weet nog nie wanneer nie,” het die voormalige wenner van die Tour de France Vrydag gesê.
“Contador en sy prokureurs sal nie ‘n verklaring aan die media uitreik” wanneer hy die verhoor in Lausanne, Switserland bywoon nie, het hy bygevoeg.
Die arbitrasiehof het vier dae tussen 21-24 November vir die saak teen die voormalige Tour de France-wenner opsygesit.
Contador het positief getoets vir ‘n verbode middel tydens die 2010 Tour de France, ‘n wedren wat hy gewen het. Hy skryf die toetsresultaat aan vleis wat hy voor die toets geëet het toe.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA