Contador-saak uitgestel
2011-07-27 12:05
Lausanne, Switserland – Die hof vir arbitrasie in sport (CAS) in Lausanne, Switserland, het Woensdag aangekondig dat die voormalige Tour de France-kampioen Alberto Contador se verbode middel-saak tot November uitgestel is.
CAS het gesê die saak sal nie aanstaande Maandag begin nie aangesien die betrokke partye meer tyd benodig "vir bewyse en argumente wat betrekking het tot wetenskaplike kwessies".
Contador sou Maandag in sport se hoogste hof verskyn vir 'n drie dae lange verhoor oor sy positiewe toets vir clenbuterol tydens verlede jaar se Tour de France.
Die Internasionale fietsry vereniging (UCI) en Wada (wêreldliggaam teen verbode middels), het appelleer teen die Spaanse fietsryverening se besluit om Contador vry te spreek nadat hy in November verlede jaar positief getoets het vir die middel.
'n Tribunaal het die Spanjaard se verduideliking dat besmette vleis die oorsaak vir sy positiewe toets is, aanvaar.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- AP