Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Contador nog lank nie klaar in Tour

2011-07-20 09:28
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Thor Hushovd (Garmin-Cervelo) het Dinsdag se 16de skof van die Tour de France gewen ... en die Schleck-broers, Andy en Fränk (Leopard Trek), was die groot verloorders.

Dié skof van St. Paul Trois Châteaux na Gap (162.5 km) was veronderstel om ’n rustige dag te wees waarin die Tour-gunstelinge hul kragte spaar, met ’n groepie jaers wat in ’n wegbreek-poging sake om die skofsege uitspook.

Dinge het aanvanklik ook só uitgewerk. Oor die laaste 30 km was ’n groepie jaers voor weg, maar Alberto Contador (Saxo Bank), ’n driemalige Tour-wenner, het duidelik nie dié draaiboek gelees nie.

Halfpad teen die hange van die Col de Manse, die enigste noemenswaardige klim, het hy skielik versnel.

Niemand het dié aanval verwag nie. Teen die tyd dat die ander Tour-gunstelinge wakker geskrik het, was die Spanjaard ’n paar meter voor hulle.

Hulle kon dié aanval kelder, maar Contador was nog nie klaar nie. Hy het nóg twee aanvalle geloods.

Dit was ’n klassieke geval van aanhouer wen, want met die derde aanval wou die Schleck-broers se bene nie meer saamwerk nie. Thomas Voeckler (Europcar), algehele voorloper, kon óók nie meer byhou nie.

Contador, Cadel Evans (BMC) en Samuel Sanchez (Euskaltel-Euskadi) het stadig maar seker ’n voorsprong begin opbou.

As Contador die sterkste van die Tour-gunstelinge teen die klim was, was Evans die mees vreeslose teen die steil afdraande met sy talle skerp draaie.

Dié Aussie het eindelik 3 sekondes voor Contador en Sanchez oor die eindstreep gejaag. Voeckler en Fränk was 21 sekondes stadiger en Andy het 69 sekondes ná Evans klaargemaak.

Dit beteken dat Contador net 39 sekondes agter Andy is nadat hy gister 60 sekondes ingehaal het.

Met Saterdag se tydtoets wat voorlê, lyk dinge beslis nie goed vir die Schleck-broers nie.

Voeckler is steeds die algehele voorloper, Evans is tweede en Fränk derde.

Terwyl die stryd om die geeltrui fel agter hulle gewoed het, was Hushovd en sy Noorweegse landgenoot Edvald Boassen Hagen (Sky) in ’n stryd van hul eie gewikkel om eerste oor die eindstreep te jaag.

Boassen Hagen het eintlik ’n verlore stryd gevoer, want Hushovd het in sy spanmaat Ryder Hesjedal ’n troef gehad.

Boassen Hagen was in skaakmat, want wanneer hy Hushovd gejaag het, het Hesjedal ’n volgende aanval geloods, of omgekeer.

Hushovd het die skof in 3 uur 31 minute en 38 sekondes gewen. Dis sy tweede skofsege tot dusver.

Boassen Hagen was tweede en Hesjedal derde. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.