Contador kry nuwe span
2010-08-04 02:53
Kopenhagen – Die driemalige kampioen van die Tour de France, Alberto Contador van Spanje, het ‘n twee jaar kontrak met die Deense fietsryer, Bjarne Riis se span, SaxoBank-Sungard, gesluit.
“Alberto (Contador) is ‘n wêreldklas atleet en ons wil hom graag hartlik welkom heet by die span," het Riis Dinsdag in ‘n verklaring gesê.
“Met drie Tour de France-titels onder sy belt en die nr. 1 langs sy naam op die wêreldranglys gaan hy nog lank ‘n kampioen wees,” het Riis gesê.
“Alberto sal ‘n sterk en lojale span hê om hom te ondersteun, het dié Deen bygevoeg.
Contador is die negende fietsjaer wat dit kon regkry om die Tour de France ten minste drie keer te wen.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24
- AFP