Contador klaar met Astana
2010-07-28 19:02
Madrid - Die wenner van vanjaar se Tour de France, Alberto Contador van Spanje, gaan sy span Astana aan die einde van die seisoen verlaat.
Dié driemalige Tour-kampioen het die span van Kazakstan se aanbod, om sy kontrak te verleng, van die hand gewys.
Contador het in ‘n verklaring gesê hy sal sy opsies vir die opkomende fietsry-seisoen noukeurig oorweeg.
Tydens die drie seisoene wat Contador vir Astana gejaag het, het hy die Tour de France, Giro d’Italia en Spaanse Vuelta gewen.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24