Contador is nie bang vir Armstrong
2010-01-30 21:34
Wene – Alberto Contador, die wenner van verlede jaar se Tour de France, het gesê die wete dat die sewemalige kampioen Lance Armstrong hierdie jaar weer gaan deelneem hom nie slapelose nagte gee nie.
Die Spanjaard, wat in 2007 en 2008 die Tour de France-kampioen was, sowel as kampioen van die Tour of Italy glo dat hy meer as net die Amerikaner gaan hê waarmee hy moet afreken.
Contador het konflik binne Astana, die span waarby Armstrong verlede jaar aangesluit het, oorkom en die 2009 titel verower.
Armstrong moes hard veg om derde te kom, waarna hy skielik aangekondig het dat hy ‘n nuwe span, Radio Shack, gestig het wat hy as kampioen wil maak in 2010.
Alhoewel ‘n Contador vs. Armstrong tweestryd die mond kan laat water, het die Spanjaard gesê dat dit nie die enigste groot kompetisie is wat voorlê nie.
Contador het bygevoeg dat daar tot 10 groot opponente vir die resies se geel-trui kan wees.
“Lance sal natuurlik een van my opponente wees hierdie jaar, maar ek is meer ontspanne,” het die 27-jarige gesê.
“Ek is nie die Toer se enigste groot gunsteling nie. Daar is ‘n groep van sowat agt tot 10 ryers wat alles sal insit vir ‘n wen in die resies.”
- Sapa-AFP