Contador geskors, verloor Tour de France-titel

2012-02-06 13:43
Tweets Share Share line Print

Lausanne – Die Spaanse fietsryvereniging het Maandag bevestig dat die hof vir arbitrasie in sport (CAS) die Tour de France-kampioen Alberto Contador vir twee jaar geskors het. Contador is ook die Tour de France-titel wat hy in 2010 gewen het, kwyt.

CAS se beslissing volg ná 'n uitgerekte proses waarin die Spanjaard besmette vleis die skuld gegee het vir sy positiewe toets vir clenbuteril tydens die 2010 Tour de France.

Die Internasionale fietsryvereniging (UCI) en Wada (wêreldliggaam teen verbode middels), het verlede jaar hul appèl teen die Spaanse fietsryverening se besluit om Contador vry te spreek gewen, waarna CAS die opkikker-saak aangehoor het.

Die skorsing is terugwerkend wat beteken dat Contador al die titels sal verloor wat hy die afgelope twee jaar gewen het. Andy Schleck is die nuwe Tour-kampioen terwyl Michele Scarponi as die wenner van die Giro d'Italia gekroon sal word.

Contador se skorsing eindig op 5 Augustus, dus sal hy later vanjaar aan die Vuelta-fietstoer kan deelneem.

Dit is slegs die tweede keer in die geskiedenis van die Tour de France dat 'n wenner gediskwalifiseer is vir 'n positiewe opkikkertoets.

Die 2006-wenner Floyd Landis was die eerste jaer wat sy titel weens 'n positiewe toets verloor het.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.