Conrad Stoltz wen Xterra
2010-10-25 11:18
Kaapstad - Die Suid-Afrikaanse Xterra-atleet Conrad Stoltz het geskiedenis gemaak toe hy Sondag die Xterra-wêreldkampioenskap in Hawaii, vir die vierde keer gewen het.
Stoltz (37) het stof in die oë van 550 internasionale atlete geskop om die roete in ‘n tyd van 2 ure 31 minute 7 sekondes klaar te maak.
Die Suid-Afrikaner het meer as vyf minute voor sy naaste teenstander, Franky Batelier van Frankryk, geëindig.
Die roete het uit 1.6 km swem, 32 km bergfietsry en 11.2 km hardloop bestaan.
Lees die volledige artikel hier.
- Bicycling.co.za