Chuene ‘red wêreld, maar SA kruisig’ hom

2011-06-01 08:14
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - “Ek het die wêreld gered, maar word in my eie land gekruisig.”

Só het Leonard Chuene, afgedankte voorsitter van Atletiek Suid-Afrika (ASA), Dinsdag sy lot in die parlement bekla.

Dít nadat die ANC daarop aangedring het dat Chuene se weergawe van die gebeure wat tot sy skorsing vroeër vanjaar gelei het, aangehoor word.

Chuene is in Februarie deur die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) vir sewe jaar van alle sport geskors. Saskok het hom skuldig bevind aan klagte van onder meer geldelike vergrype en wanbestuur.

Chuene het Dinsdag aangevoer dit is danksy hom dat die internasionale atletiekwêreld gedwing is om regulasies in te stel oor hoe om gevalle te hanteer van atlete soos Caster Semenya, wie se geslag in twyfel getrek word.

Chuene se teenwoordigheid by die komiteevergadering gisteroggend het eers ’n ligte opskudding veroorsaak toe die DA beswaar gemaak het daarteen.

Donald Lee, DA-LP, het gesê hy is “ongemaklik” met Chuene daar. “Dié man is skuldig bevind. Hoe kan die indruk geskep word dat ons Saskok en die nuwe bestuur van ASA in die rug steek en ondermyn?”

Lee en nog ’n lid van die DA, Japie van der Linde, het uiteindelik die vergadering verlaat nadat die voorsitter van die sport­komitee, mnr. Butana Komphela, te kenne gegee het hy gaan hulle nie probeer oortuig om te bly nie.

Dit is wyd bekend Komphela en Saskok sit nie langs dieselfde vuur nie. Chuene het gister beweer die debakel rondom Semenya is gebruik om hom en ander voormalige ASA-bestuurslede by te kom.

Saskok het vinnig teen hom opgetree, maar dié liggaam is stil oor dispute in ander sportfederasies soos sokker en krieket.

Komphela het Chuene aangepor om sy indrukke te gee van hoe die Semenya-saak aan die media gelek is. “Ek dink u is iemand wat die Grondwet van die land verstaan. Die Grondwet diskrimineer nie op grond van ras of geslag nie,” het Komphela gesê.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: asa  |  saskok  |  leonard chuene  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.