Chuene kry trekpas
2009-11-14 20:31
Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het Saterdag aangekondig dat Ray Mali Maandag die pos van administrateur van Atletiek Suid-Afrika (ASA) sal neem ná die liggaam se vorige ASA-president, Leonard Chuene, geskors is.
Saskok het ná ‘n vergadering in ‘n verklaring aangekondig dat Mali, wat op Saskok se bestuursraad dien, die pos sal vul. Hy sal ‘n voorlopige raad saamstel wat ASA sal reguleer en beheer.
Saskok het ook bygevoeg dat dissiplinêre stappe teen die geskorste ASA-raadslede en bestuur geneem mag word.
- Sport24