Chuene amptelik sy werk kwyt

2011-02-18 13:57
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die voormalige hoof van Atletiek Suid-Afrika (ASA), Leonard Chuene, is Vrydag amptelik in die pad gesteek saam met twee van sy kollegas.

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het in 'n verklaring gesê dat Chuene, sowel as die voormalige adjunkvoorsitter van ASA, Kakata Maponyane, en raadslid Simon Dlamini, afgedank is.

Chuene is vir sewe jaar uit betrokkenheid by alle sportsoorte wat deur Saskok beheer word, verban.

Maponyane het 'n soortgelyke straf ontvang, maar vir 'n periode van vyf jaar, en Dlamini vir drie jaar.

Adv. Norman Arendse, voorsitter van die dissiplinêre komitee, het bevind dat Chuene, Maponyane en Dlamini onmiddellik hulle poste op ASA se raad moet verloor. Dié stap volg 15 maande ná hulle deur Saskok geskors is.

"As mnr. Chuene sy terugkeer na atletiek wil maak voor dié periode verby is sal daar van hom vereis word om met 'n goeie rede vorendag te kom," het die verklaring gelui.

Chuene sal aan drie voorwaardes moet voldoen as hy weer tot atletiek wil terugkeer: Die regskoste wat teen hom in die saak aangegaan is moet betaal word, hy moet die geld terugbetaal wat hy op ongrondwetlike wyse van die konfederasie bekom het, en hy moet berou toon vir sy dade.

Chuene, Maponyane en Dlamini het vroeër geweier om teen hulle skorsing te appelleer omdat hulle nie die wettigheid van die dissiplinêre komitee erken het nie.

- Volg Nuus24Sport op Twitter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.