China taai leerskool vir SA hokkie

2010-06-30 10:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Ná ’n uitmergelende toer van 12 wedstryde teen China, is die nuwe afrigter van die Suid-Afrikaanse vrouehokkiespan, Giles Bonnet, meer as ooit bewus van die reuse-taak wat op hom wag.

Die Proteas het nie een van die dosyn wedstryde teen China (nr. 3 op die wêreldranglys) gewen nie.

Bonnet het egter ’n lys doelwitte – wat nie die wen van wedstryde ingesluit het nie – gestel vir dié toer en dit is wat vir hom belangrik is.

“Nie al die doelwitte is bereik nie. Die proses is egter begin en dít is baie belangrik,” het Bonnet ná die span se terug­keer gesê.

Bonnet het sewe aspekte geïdentifiseer waaraan sy spelers moet werk.

Dit is tegniese vaardighede, kondisionering, besluitneming, verantwoordelikheid op die veld, spesialis-vaardighede, strukture en doelbal-situasies (soos korthoeke).

Hy was veral omgekrap oor die swak fisieke kondisionering van die spelers.

Dit is egter nie verrassend nie, aangesien hulle geen aandag of kondisioneringsprogramme gekry het waarvolgens hulle kon werk nie sedert die Suid-Afrikaanse Hokkievereniging einde verlede jaar die voormalige afrigter Jenny King skielik afgedank het.

Bonnet het die kans gehad om die groep te leer ken en hy is baie optimisties oor die spelers tot sy beskikking.

“Die groep in China was vasbeslote om hard te werk en die gees om te alle tye mededingend te bly, was verblydend.

“As die groep sy strukture en individuele vaardighede in dié strukture verbeter, sal die mededingende instink tot goeie vertonings en seges lei.”

Met die oog op die toekoms is Bonnet opgewonde dat die spelers bereid is om aan nuwe idees blootgestel te word.

“Die spelers het beslis gegroei in die drie weke in China.

Dit was bemoedigend om te sien hoe die span begin het om die strukture waaroor ons gepraat het, te implementeer.

“In die laaste drie wedstryde teen China het die span meer mededingend geraak danksy die toepassing van die nuwe strukture. Dit was baie positief.”

Bonnet gaan nog twee oefenkampe hê ná die nasionale toernooi van 20 tot 24 Julie in Oos-Londen voor die Statebondspele in Oktober in Indië.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: hokkie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.