China moet medalje teruggee
2010-04-29 15:37
Doebai - China moes die brons medalje wat hulle in 2000 by die Olimpiese Spele in Sydney gewen het, teruggee ná dit aan die lig gekom het dat ‘n minderjarige vroue gimnas deel van die span was.
Dié medalje sal nou aan Amerikaanse vrouespan, wat in die vierde plek geëindig het, toegeken word.
Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het reageer na 'n ondersoek bevind het dat Dong Fangxiao slegs 14 jaar oud was tydens die Spele in 2000 en nie 16 soos wat vereis word nie.
Die Internasionale Gimnastiekfederasie (FIG) het voorgestel dat China hul brons medalje teruggee aangesien die punte wat Dong in haar gimnastiek item gekry het, bygedra het tot China se derde plek.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- AP