Charl Schwartzel wen in styl
2012-12-17 07:48
Malelane – Suid-Afrika se Charl Schwartzel het 2012 op 'n hoogtepunt afgesluit toe hy Sondag die Alfred Dunhill-toernooi by die Leopard Creek-gholfbaan met 12 houe gewen het.
Dit is ook die laagste telling tot nog toe op Leopard Creek – 264 houe,
24 minder as die baansyfer en 5 minder as die vorige beste.
Schwartzel het 'n laaste rondte van 69 aangeteken om sy tweede Dunhill-titel te wen.
Die sege op Leopard Creek word as 'n uitsonderlike prestasie beskou aangesien die 28-jarige verlede week met 11 houe by die Thaise Ope geseëvier het.
Vir die jongste sportnuus volg
Nuus24Sport op Twitter.
- Reuters