Chaos oorskadu marathon in Soweto

2011-11-07 08:00
Tweets Share Share line Print

Pretoria. – Mamorallo Tjoka van Lesotho het Sondag die Soweto-marathon vir vroue in ’n nuwe roete-rekordtyd van 2 uur, 43 minute en 40 sekondes gewen.

Haar wentyd is 14 sekondes vinniger as die rekord wat René Kalmer twee jaar gelede opgestel het.

Suid-Afrika se Michael Mazibuko het die marathon vir mans in 2:19:04 gewen.

Ongelukkig sal vanjaar se Soweto-marathon onthou word vir die chaos by die wegspring en oor die eerste paar kilometer.

Dit het daartoe gelei dat Irvette van Blerk, een van die gunste­linge, onderstebo gehardloop is voordat sy ’n enkele tree kon gee.

Volgens Van Blerk was dit ’n skrikwekkende ervaring.

“Ek dog nog ek hardloop, toe lê ek op die grond en die een atleet ná die ander hardloop bo oor my en trap my raak.

“Dit is verstommend dat niemand net wou stop om my op te help nie.

“Ek het gevoel soos ’n klein miertjie wat onder die voete van honderde aanstormende olifante beland het.”

Van Blerk het haar knie sodanig beseer dat sy ná 38 km die handdoek ingegooi het.

Sy het die R20 wat sy by haar gehad het, gebruik om ’n taxi te betaal om haar na die eindpunt te neem.

Kalmer, wat die vrouewedloop oor 10 km gewen het, sê uit ’n vroue-oogpunt het die wegspring op mishandeling neergekom.

“Dit was belaglik dat die atlete wat aan die 10 km en die marathon deelgeneem het saam moes wegspring. Ek dink ook dit sou beter gewees het as ons vroue afsonderlik kon wegspring.

“Ek kan ook nie verstaan waarom die afsitter sy pistool vier minute vroeër as wat hy moes afgevuur het nie.

“Ek het gedink daar gaan ’n minuut se stilte wees as ’n huldeblyk aan die vyf atlete wat doodgery is, toe begin ons al hardloop.

“Mense wat nog op pad was na die wegspring het sommer voor ons ingespring en begin saamdraf.

“Ná 400 m moes die atlete wat aan die 10 km deelneem, links draai en die marathon-atlete regs.

“Ongelukkig het die beamptes die 10 km-atlete op die marathon- roete uitgestuur.

“Daar was ook nêrens kilometer-borde nie, so ek het geen idee gehad of ek wel op die regte roete was of teen watter pas ek hardloop nie.

“Ek dink Atletiek Suid-Afrika moet die volgende keer ’n organiseerder van een van die groot stad-marathons kry om hulle te help.

Die Soweto-marathon is Suid- Afrika se grootste en gewildste wedloop en het soveel geskiedenis. Daarom kan dit nie bekostig word dat soveel chaos plaasvind nie.”

Moses Mosuhli was tweede in die mans-marathon in ’n tyd van 2:19:05. Lebenya Nkoka was derde in 2:19:34.

Brittanje se Emma Gooderham was tweede (2:43:57) in die vroue-wedloop en Rusland se Nina Podnebesnova derde (2:48:05).

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.