Chani steeds op wenpad in Sydney

2012-01-10 10:10
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Chani Scheepers van Suid-Afrika sal die Franse Ope-kampioen, Na Li van China, in die tweede ronde van Sydney se jaarlikse tennistoernooi pak.

Scheepers het ’n medekwalifiseerder, Melinda Czink van Hongarye, in die eerste ronde met 6-4, 6-2 uitgeskakel.

Die vierde gekeurde Li het Rusland se Ekaterina Makarova in net 66 minute met 6-0, 6-3 afgeransel.

Li het verlede jaar die eindstryd van die Australiese Ope gehaal waarna sy toe met die volgende Grand Slam-toernooi die trofee op Roland Garros gelig het.

Li het Scheepers in hul enigste kragmeting tot dusver in 2010 op Wimbledon met 7-6 (5), 6-2 geklop.

Scheepers het reeds vier wedstryde agter die blad in Sydney nadat sy verlede week in Brisbane in die eerste ronde deur Serena Williams getroef is.

Scheepers het daarna een plek na 39ste op die ranglys uitgesak.

Intussen het twee van die gekeurdes in die eerste ronde in Sydney gesneuwel.

Die huidige kampioen van die Amerikaanse Ope, Sam Stosur van Australië, was een van die gekeurdes wat nie die eerste ronde oorleef het nie.

Italië se Francesca Schiavone, wat haar in 2010 se eindstryd van die Franse Ope geklop het, het die vyfde gekeurde plaaslike gunsteling met 6-2, 6-4 in die eerste ronde huis toe gestuur.

Die ander gekeurde wat haar tasse moes pak, is die sesde gekeurde, Vera Zvonareva, wat deur haar Russiese landgenoot Svetlana Kuznetsova met 6-1, 6-2 uitgeskakel is.

Die twee topgekeurdes Caroline Wozniacki van Denemarke en Tsjeggië se Petra Kvitova speel na loslootjies in die eerste ronde nou onderskeidelik teen Dominika Cibulkova van Slowakye en Alex Dulgheru van Roemenië.

Kvitova kan Wozniacki onttroon as die wêreld se voorste vrouespeler as sy dié toernooi wen.

Suid-Afrika se Kevin Anderson begin sy opmars na die Aussie-ope teen die Franse kwalifiseerder Adrian Mannarino in die eerste ronde van die Heineken-ope in Auckland.

Anderson, steeds 32ste op die ranglys, is vyfde gekeur vir die toernooi in Nieu-Seeland.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: chani scheepers  |  tennis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.