Cavendish, Hushovd gestraf oor stoeiery

2011-07-05 10:55
Tweets Share Share line Print

Redon, Frankryk – Organiseerders van die Tour de France het die Brit Mark Cavendish en Thor Hushovd van Noorweë se punte vir die derde skof weggevat nadat hulle in 'n stoeiery betrokke was.

Cavendish, 'n vyftienmalige skofwenner, het Hushovd met sy kop gestamp toe die jaers in posisie wou kom vir die naelrit na die eindstreep.

Maandag se derde skof oor 191 km is in 4 uur 40 minute en 21 sekondes deur Tyler Farrar van Amerika gewen.

Na afloop van die skof het die Tour de France se direkteur, Jean-Francois Pescheux, gesê albei jaers is skuldig aan 'n "ernstige oortreding" en daarom het hulle hul punte verloor.

"Eerstens het Hushovd sy lyn verlaat en toe het Cavendish homself daar ingewurm. Dit is 'n ernstige oortreding en ons kan dit nie toelaat nie."

"As ons dit in Dinsdag se naelrit toelaat kan 'n klomp jaers dalk val en dan gaan mense vra 'hoekom ons nie opgetree het nie'," het Pescheux verduidelik.

Hushovd, wat tans die geeltrui dra na sy span Garmin-Cervelo se oorwinning in Sondag se spantydtoets, het 'n groot rol gespeel in sy Amerikaanse spanmaat Farrar se eerste skofoorwinning by die Tour de France.

Die Noorweër het later oor die voorval met Cavendish geskerts: "Ek wou net bietjie van my sonbrandroom aan hom (Cavendish) afsmeer."

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.