Caster minder in SA in aksie

2012-01-26 07:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Caster Semenya, die wêreld se tweede beste vroue-atleet oor 800m, gaan dié seisoen bitter min in Suid-Afrika in aksie wees.

Jukka Härkönen, haar agent, sê dit was ’n fout om Semenya verlede jaar aan soveel wedlope te laat deelneem.

Sy was een van die groot uitblinkers in die plaaslike Geelbladsye-reeks.

Op die Suid-Afrikaanse byeenkoms in Durban het sy binne 70 minute eers die 800 m en toe die 1500 m gewen.

Drie uur later het sy boonop Gauteng-Noord gehelp om die goue medalje in die 4x400-aflos te wen.

Op die Suid-Afrikaanse Studente-byeenkoms in Stellenbosch het sy op een dag die 1500 m en 400 m gewen en die volgende dag die 800 m.

Volgens Härkönen is dit nie goed vir ’n atleet om so baie rond te reis en deel te neem nie.

“Dit het daartoe gelei dat Semenya nie behoorlik kon oefen nie.

“Maria Mutola, haar afrigter, het dit duidelik gemaak dat die Olimpiese Spele net te belangrik is om enige onnodige kanse te waag.

“Daarom is die plan dat Semenya net op die Suid-Afrikaanse byeenkoms in Port Elizabeth aan die 800 m sal deelneem.

“Sy sal dalk een keer ook aan die 400 m en een keer aan die 1500 m deelneem, maar dit is al.”

Volgens Härkönen sal Semenya aan die einde van Mei aan ’n paar wedlope in Europa deelneem.

“Ek het nog nie besluit waar en wanneer nie.”

Diegene wat Semenya vandeesweek op Tukkies se grasbaan sien oefen het, was beïndruk.

Mutola is glo genadeloos wanneer daar geoefen moet word, maar Semenya het elke opdrag voluit uitgevoer sonder om te kla.

Lehann Fourie het die afgelope naweek op ’n binnenshuise byeenkoms in Virginia, VSA, ’n effense terugslag beleef toe hy sy hakskeensening beseer het.

“Dit is niks ernstigs nie. Ek het vir die 60-hekkies se eindronde met ’n tyd van 7.80 sekondes gekwalifiseer, maar toe besluit dit sal dom wees om verder deel te neem.

“Ek neem nou eers weer oor twee weke in Boston (11 Februarie) weer deel. Al die groot name gaan daar in aksie wees.

“Ek weet ek is reg om ’n goeie tyd te hardloop.”

Fourie het reeds vir die Binnenshuise Wêreldbyeenkoms in Istanboel, Turkye, gekwalifiseer.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: caster semenya  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.