Caster in nuwe storm

2010-01-15 06:34
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Caster Semenya mag nie aan die Geelbladsye-atletiekreeks deelneem nie.

Dié besluit van Atletiek Suid-Afrika (ASA) volg skaars 24 uur ná die aankondiging dat Geelbladsye die volgende drie jaar die nasionale atletiekreeks gaan borg.

Semenya was eergister op ASA se mediakonferensie waar die voortgesette betrokkenheid van die borg aangekondig is. By die bekendstelling is selfs foto’s geneem van haar saam met Lionel Smith, hoofbestuurder van Trudon, wat die Geelbladsye uitgee.

Ethel Manyaka, ASA-woordvoerder, het gesê Semenya mag aan plaaslike en internasionale atletiekbyeenkomste deelneem. Maar gister het Ray Mali, waarnemende voorsitter van ASA, aangekondig Semenya sal nie toegelaat word om aan die Geelbladsye-reeks deel te neem nie.

Toe hy gevra is om dié dramatiese ommekeer te verduidelik, het Mali gesê dit is omdat ASA wag totdat die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) sy amptelike toestemming gee dat Semenya aan die Geelbladsye-reeks mag deelneem. Semenya maak steeds deel uit van ASA se elite-groep atlete en ASA steun haar ten volle.

Sy is nou by ’n nasionale oefenkamp in Pretoria en het die nuuskonferensie saam met haar spanmaats bygewoon.

Mali het gesê Semenya sal net ’n toeskouer by die byeenkomste wees totdat hulle die IAAF se besluit kry.

Nick Davies, woordvoerder van die IAAF, het eergister in ’n e-pos aan Die Burger gesê die ­IAAF het geen probleem daarmee as Semenya aan die Geelbladsye-reeks deelneem nie. Hy het dit duidelik gestel sy is nie geskors nie en kan deelneem totdat die IAAF ’n finale besluit geneem het.

Mali het egter gesê hy wil dié versekering van die IAAF op skrif hê voordat Semenya toegelaat word om deel te neem.

Die nuwe verwikkelinge om Semenya het atlete en afrigters erg ontnugter. “Ons het gedink daar sal met ASA se nuwe tussentydse raad deursigtigheid wees, maar niks het verander nie. Net die name van die raadslede het verander. Suid-Afrikaanse atletiek bly steeds een groot sirkus,” het ’n erg omgekrapte afrigter gesê.

Enkele van Suid-Afrika se voorste vroue-middelafstandatlete het aan Die Burger gesê hulle weier om teen Semenya deel te neem totdat sekerheid oor haar vroulikheid verkry word.

- Die Burger
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: asa  |  caster semenya  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Dante sê... Dit lyk vir my of ons probeer verloor, maar ons kan dit net nie regkry nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320i EXCLUSIVE (E90)
2010
R 249,900.00

OPEL

Corsa 1.4 Utility MY04
2005
R 64,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4 Citi Rhythm 5-dr
2007
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.