Cape Epic-roete bekend
2010-10-27 13:35
Kaapstad - Die aankondiging van die roete Dinsdag vir die agste Absa Cape Epic bewys weereens hoekom dié bergfietstoer as die strafste ter wêreld beskou word.
Sowat 1 200 plaaslike sowel as internasionale fietsryers gaan die agtdaagse avontuur van 707 km aandurf.
Die Cape Epic skop af op 27 Maart in Tokai en eindig op 3 April by die Lourensford wynlandgoed.
Die V&A Waterfront sal weer gasheer speel vir die openingseremonie waar die registrasie ook op 25 en 26 Maart sal plaasvind.
Deelnemers sal ook vir slegs die tweede keer in die geskiedenis van die Epic, aan 'n tydtoets van 27 km deelneem.
Die direkteur van die Absa Cape Epic-fietstoer, Kevin Vermaak, het aangekondig dat die prysgeld vir aanstaande jaar tot R500 00 verhoog is.
So lyk die roete vir 2011:
Tydtoets - Tokai, Tafelberg Nasionale Park (27 km)
Skof 1 - Tulbagh na Tulbagh (89 km)
Skof 2 Tulbagh na Tulbagh (104 km)
Skof 3 - Tulbagh na Worcester (125 km)
Skof 4 - Worcester na Worcester (32 km)
Skof 5 - Worcester na Oak Valley (143 km)
Skof 6 - Oak Valley na Oak Valley (128 km)
Skof 7 - Oak Valley na Lourensford (59 km)
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24