Cancellara jaag Vuelta met bye wat pla
2011-08-19 13:39
Kaapstad – Die Olimpiese kampioen van Switserland, Fabian Cancellara, het in Spanje aangekom vir die Vuelta-fietstoer ten spyte van 'n allergiese reaksie wat hy weens 'n bysteek gekry het.
Cancellara het foto's op Twitter gewys waar hy in die hospitaal suurstof ontvang met sy een oog wat byna heeltemal toegeswel is.
Hy het gesê dit is die tweede bysteek die afgelope paar dae wat die allergiese reaksie vererger het.
Cancellara is ná ses ure in die hospitaal, ontslaan en het laat Donderdagaand by sy spanmaats aangesluit.
Die Vuelta-fietstoer begin Saterdag met 'n spantydtoets.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24