Calla se Nikala speel klaar met gekeurde

2010-04-13 10:31
Tweets Share Share line Print

Christo Buchner, Beeld

Johannesburg - Die stofverwaaide Arthur Ashe-tennissentrum in Soweto lyk nou nie juis na die plek waar drome bewaarheid word nie.

Tog sal dié kompleks ’n baie spesiale plekkie in die hart van die 19-jarige Kapenaar Nikala Scholtz hê.

Dié seun van die oud-heelagter van die Streeptruie, Calla, het gister sy eerste ATP-ranglyspunte verwerf toe hy die agtste gekeurde, Igor Sisjling van Nederland, in die eerste ronde van die Soweto-ope geklop het.

Sy beloning vir dié puik sege van 6-3, 6-2 is ’n ontmoeting met Izak van der Merwe in die tweede ronde.

Van der Merwe het sy landgenoot en mede-Kapenaar Ruan Roelofse met 7-5, 6-3 uitgeskakel.

Die tweede gekeurde in die mans-enkelspel, Karol Beck van Slowakye (78ste ter wêreld), het teen die Sweed Filip Prpic in die stof gebyt.

Prpic het met 6-2, 6-4 geseëvier.

Raven Klaasen van Kuilsrivier in die Kaap moes ook groet. Die Nederlander Raemon Sluiter was met 6-2, 7-6 (7/4) té uitgeslape vir hom.

In die vroue-enkelspel het Chanelle Simmons van Kempton Park leeutemmer gespeel en die derde gekeurde, Klara Zakapalova van die Tsjeggiese Republiek, met 6-1, 3-6, 7-5 verslaan. Sy het onderweg na dié sege ’n wedstrydpunt in die beslissende stel afgeweer.

Dié jong Suid-Afrikaner, nommer 528 ter wêreld, is 451 plekke op die wêreldranglys swakker daaraan toe as die Tsjeg, wat nommer 77 is. Die 17-jarige Simmons, Suid-Afrika se voorste junior, wat onlangs ’n toernooi in Egipte op klei gewen het, sê dit was nogal ’n aanpassing om nou weer op ’n hardebaan-oppervlak te speel.

Die promotorskeuse Christi Potgieter is met 6-3, 6-1 deur die Rus Ksenia Lykina uitgeskakel.

- Die Burger

 

Lees meer oor: soweto-ope  |  tennis

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.