Button sukkel met sy sitplek

2010-02-04 15:14
Tweets Share Share line Print

Londen – Die Verdedigende F1-wêreldkampioen, Jenson Button het Woensdag vir die eerste keer ’n McLaren gery, maar soos alle nuwe motoreienaars, het die Brit keer op keer sy sitplek verstel.

Button was Woensdag vasbeslote om eers sy sitplek reg te kry voordat hy die renbaan aangedurf het.

Die Grand Prix-seisoen skop op 14 Maart in Bahrain af.

Lewis Hamilton sal saam met Button vir McLaren ry.

Button het die vyfde beste tyd vir die dag behaal, maar Fernando Alonso het almal geklop met ‘n tyd van 1:11.470 in sy Ferrari.

"Dit was ‘n lang dag. Ons het eers teen 01:00 die nag opgepak nadat ons vir ‘n lang tyd met die sitplek van die motor gesukkel het," het Button gesê.

"Ons het baie hard gewerk om my gemaklik te maak. Die sitplek voel altyd anders wanneer jy op die baan klim. Ek het aanvanklik te hoog in die motor gesit,” het hy gesê.

Button het erken dat hy meer tyd op die baan wou spandeer, maar hy het gesê hy weier om hom aan Alonso se tyd te steur.

Die sewemalige wêreldkampioen, Michael Schumacher was die derde vinnigste renjaer van die dag.

"Die oefening gaan meer daaroor om aan die omgewing in die kajuit gewoond te raak, om aan spanwerk te werk, en om deur alle stappe te gaan om seker te maak alles omtrent die motor is in orde,” het Button bygevoeg.

"Die oggend was rof. Ons moes baie aan die motor verander, maar ek pas nou beter in die motor in, wat ‘n goeie ding is,” het hy gesê.

"Hierdie is nie die regte plek om te kyk wie die vinnigste of die stadigste is nie."

- Supersport

 

Lees meer oor: ferrari  |  formule een  |  mclaren

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.