Bulls-span wen Cape Epic
2010-03-28 18:19
Kaapstad – Die Bulls span van Karl Platt en Stefan Sahm het Sondag weggestap as die algehele wenners van hierdie jaar se opwindende Absa Cape Epic wat deur Adidas aangebied is.
Die wenners het op die laaste dag ‘n voorsprong van 10 minute en 51 sekondes bo Sauser en Stander (Songo-Specialized deur DCM) gehad en het die laaste agt dae van die 722km in ‘n algehele tyd van 29 uur, 47 minute en 46 sekondes klaargemaak.
Die Suid-Afrikaner Burry Stander en sy Switserse spanmaat Christoph Sauser het in die tweede plek klaargemaak in 29:57.49,7 en die derde plek het aan die Suid-Afrikaner Kevin Evans en sy Oostenrykse spanmaat Alban Lakata (MTN Qhubeka Topeak Ergon) behoort in ‘n tyd van 30:12.30,0.
In die vrouens se afdeling het die Deense susters Kristine en Anna-Sofie Noergaard (span Rothaus-CUBE) in 37:31.03,3 as die wenners weggestap.
Hannele Steyn-Kotze en Ivonne Kraft (Span Sludge Ladies) het tweede geëindig in ‘n tyd van 38:01.15,6 en die derde plek het gegaan aan Giuliana Vitali and Tamara Horn (span bike2help.ch – Big Tree) in 41:10.43,9.
Vir meer hieroor gaan na Sport24