Brit wen 18de skof van Tour de France
2010-07-24 09:32
Parys - Die Brit, Mark Cavendish, het die 18de skof van die Tour de France-fietswedren gewen.
Hy het in die skof van 198 kilometer van Salies de Bearn af na Bordeaux, eerste oor die wenstreep gejaag.
Die algehele voorloper, Alberto Contador behou die geeltrui en is agt sekondes voor Andy Schleck.
– RSG
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.