Bolt skitter in Suid-Korea
2010-05-20 02:03
Daegu, Suid-Korea - Usain Bolt het sy seisoen op 'n goeie noot begin toe hy die 100m in 9.86 sekondes op die IAAF se Wêreld-uitdaagbyeenkoms in Daegu kafgedraf het.
Bolt se landgenoot, Michael Frater, het tweede geëindig en die Amerikaner Mike Rodgers derde.
Asafa Powel en die Amerikaner Tyson Gay, het albei gesê hulle het vanjaar hul visier op Bolt se rekord.
– Sapa-AFP
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.