Bolt: Ek kan vinniger
2009-08-30 18:36
Madrid - Self al het hy pas twee nuwe wêreldrekords opgestel sê Usain Bolt hy is gereed om nóg vinnige te hardloop.
Die naelloop-sensasie van Jamaika, wat deel was van ‘n seremonie om die Spaanse liga by die Santiago Bernabeu-stadion af te skop, het Sondag gesê hy kan sy tyd in die 100m en 200m naellope nóg verbeter.
“Ek dink ek kan vinniger, maar ek sal die besluit in die hande van my arigter laat”, het Bolt gesê.
- Sapa