Bokslegende verloor stryd teen kanker
2011-11-08 11:00
Kaapstad – Die voormalige swaargewig bokskampioen van die wêreld, Joe Frazier, is Dinsdag op 67-jarige ouderdom in Philadelphia oorlede.
Hy het gevorderde lewerkanker gehad.
Frazier sal veral onthou word vir sy drie epiese gevegte teen Muhammed Ali in die sewentigerjare.
Die Amerikaner was die eerste bokser wat, in die “Geveg van die Eeu”, die legendariese Ali verslaan het.
Hy was wêreldkampioen tussen 1970 en 1973 en het in 1964 'n goue medalje by die Olimpiese Spele gewen.
Volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24