Boekmaker gesink deur Tiger
2009-08-17 14:01
Londen – ‘n Ierse boekmaker is met ‘n rooi gesig gelaat en $2 miljoen (sowat R16 miljoen) armer nadat hy oortuig was Tiger Woods die Amerikaanse PGA-toernooi gaan wen en die geld uitbetaal het.
Paddy Power was so seker dat Woods gaan wen dat hy die geld uitbetaal het voor Woods Saterdag sy derde rondte vier houe voor was.
Die wêreld se voorste ghlofspeler het toe nie die toernooi gewen nie, maar wel Yang Yong-Eun van Suid-Korea.
Yang is 110de op die wêreldranglys.
Sy oorwinning het groot opspraak veroorsaak.
Hy is die eerste Asiaat wat ‘n groot toernooi wen.
Paddy Power het gesê dié fout is die ergste in sy soort en sowat 5000 klante het ‘n gelukkige uitbetaling gehad.
– AFP