Boek nou bekend na Woods-debakel
2009-12-11 10:47
Londen - ‘n Relatief onbekende wetenskaplike boek se verkope het die hoogte ingeskiet nadat dit in Tiger Woods se kar gesien is.
Get a Grip on Physics deur dr. John Gribbin is in die kar afgeneem na die gholfster verlede week sy kar gestamp het het.
Dae nadat die foto die wêreld ingestuur is, het Gribbin se boek van nommer 396,224 na nommer 2,268 op Amazon.com se top-verkope lys gestyg.
Ongelukkig vir die skrywer word die boek egter nie meer gedruk nie.
Daar was slegs ‘n paar honderd kopieë oor.
Tweedehandse kopieë verkoop nou vir omtrent R500 elk op e-Bay.
“Ek is bly vir die publisiteit, maar besit self nie eers meer ‘n kopie om op e-Bay te verkoop nie,” het Gribbon gesê.
- Sapa