Bloot 'n boete vir Woods
2009-12-02 04:00
Florida - Tiger Woods sal van geen kriminêle klagtes aangekla word nadat hy verlede Vrydag 'n ongeluk buite sy huis in Florida veroorsaak het nie, het polisie gesê.
Woods is met $164 (byna R2 000) vir roekelose bestuur beboet en sal vier punte op sy bestuurslisensie verloor.
Daar was nie genoeg bewyse om ‘n groter boete vir Woods op te lê nie en en geen bewerings van huishoudelike geweld is gemaak nie, het Kim Montes ‘n woordvoerder vir die polisie gesê.
Woods het in ‘n boodskap op sy webblad gesê dat “al die gerugte wat die rondte oor die ongeluk doen ongegrond en vals is.”
- Sapa-AFP