Bergjaers klop padjaers

2010-03-11 09:27
Tweets Share Share line Print

Eunice Visagie

Durbanville- Drie van Suid-Afrika se voorste bergfietsryers het Woensdag die wennerspodium van die Giro del Capo vol gestaan ná die tweede skof van dié padfietstoer.

Burry Stander (Specialized) het die skof hier oor 143 km in ’n tyd van 3 uur, 21 minute en 53 sekondes gewen. David George (safindit.co.za) en Kevin Evans (MTN-Energade) was onderskeidelik tweede en derde. Stander is tans die o.23-bergfiets-wêreldkampioen en Evans die SA marathon-kampioen.

Stander is nou ook die nuwe algehele voorloper in die Giro en sal vandag se skof in die Paarl met die pienk trui begin. Hy het ’n voorsprong van 8 sekondes oor Rene Haselbacher en George. Evans is vierde en 9 sekondes agter. Die eerste nege jaers word deur net 25 sekondes geskei.

Evans het al drie keer Vissershok in die eerste plek uitgeklim en is die nuwe bobaas van die berge. Stander is ook die voorloper in die puntekompetisie.

Die 22-jarige Stander het dalk ’n paar mense wat by die wenstreep gewag het onverhoeds betrap met sy indrukwekkende sege, maar hyself was nie verbaas nie.

“Voor die toer het ons besluit dat ek graag ’n skof sal wil wen. Op dag een het ek goed gevoel en was ek ongelukkig om in die naelrit uitgedruk te word,” het Stander gesê.

“Ek het vir Christoph (Sauser) gesê hy moet vandag (Woensdag) saam met my in die wegbreek-groep kom sodat ek iemand het wat my kan help.”

Met die eerste klim van Vissershok het die bondel opgebreek en Sauser was saam met Stander in die wegbreek-groep van ongeveer 20 jaers.

“Met die laaste klim het Christoph so bietjie harder getrap in ’n poging om van die ander ouens uit te lok om hom te volg en dit is presies wat gebeur het. Ek kon elke keer net op iemand se wiel sit om by te bly. Ná dit was die verantwoordelikheid myne om die skof te wen. Daar was ’n paar pogings van die ouens om weg te kom, maar in die laaste 500 m was ek op Kevin se wiel en toe weet ek, ek het dit.”

Vandag se voorlaaste skof oor 171 km begin om 09:30 in die Paarl.

* Organiseerders van Sondag se Argus-fietstoer het deelnemers intussen gevra om geel te dra ter ondersteuning van Lance Armstrong se wêreldwye veldtog teen kanker, Livestrong. Armstrong het sy stryd teen kanker gewen en daarna tussen 1999 en 2005 die Tour de France ’n ongeëwenaarde sewe keer op ’n streep gewen.

- Sport24

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: giro del capo  |  fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Dante sê... Ag, Sweet.......... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 160i 5-dr
2003
R 69,990.00

TOYOTA

Auris 2.0 XD 5-dr
2011
R 229,000.00

PEUGEOT

307 XS 2.0 AT 5-dr MY05
2006
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.