Bergfiets-ster Evans spog met trofee in padtoer

2010-09-28 07:46
Tweets Share Share line Print

Beeld

GRASKOP - Kevin Evans (MTN-Energade) het Sondag sy jaar van eerstes voortgesit toe hy die vierdaagse Clover-fietstoer in die Laeveld gewen het.

Dit is die eerste keer dat ’n plaaslike bergfietsryer ’n padfietstoer wen.

Vroeër vanjaar het Evans ook die eerste bergfietsryer geword wat die Suid-Afrikaanse padfiets-tydtoets vir beroepsjaers gewen het.

Boonop is hy ook die Suid-Afrikaanse marathon-kampioen in bergfietsry.

Shaun Ward (Panda) was algeheel tweede, 70 sekondes ná Evans, met die 19-jarige Jason Bakke (House of Paints) derde, 75 sekondes agter.

Gawie Combrink (TCS), wat eintlik ’n amateur is, het Sondag vir ’n groot verrassing gesorg toe hy die laaste skof in 2:53:01 gewen het.

Dawid Maree (House of Paints) was tweede en Luthando Kaka (Medscheme) derde.

Die 33-jarige Evans het dit baie duidelik gemaak dat hy nie dié toer sou kon gewen het as dit nie vir sy spanmaats was nie.

“Ek gaan vir Reinardt Janse van Rensburg, Bradley Potgieter en Stanley Namanyane elk een van my rooitruie (algehele voorloper) gee, want my toersege is net soveel hulle s’n.”

Volgens Evans was die Clover-toer beslis een van die taaiste toere waaraan hy tot nog toe in Suid-Afrika deelgeneem het.

“Ek het so vinnig in my kop uitgewerk dat ons in vier dae amper 9 000 meter geklim het, wat teoreties beteken dat ons Mount Everest uitgetrap het.”

Evans was vol lof oor die vertoning van die jong jaers.

Die 19-jarige Bakke en 20-jarige Richard Baxter (albei House of Paints); die drie 19-jariges – Paul van Zweel, Shaun-Nick Bester en HB Kruger (Cyclelab-Toyota) – die 21-jarige Van Reinardt Rensburg (MTN-Ener­gade), die 21-jarige Maree en 24-jarige Kaka het hulle as belowende toerryers bewys.

Dit was opmerklik dat die jaers wat die hele jaar nog die helde in Suid-Afrikaanse padfietsry was nie een in dié vierdaagse toer met sy langer skofte en strawwe klimme die mas kon opkom nie.

Die vraag is wat gedoen gaan word om die jong toerryers te help om hul volle potensiaal te verwesenlik.

Gaan daar toegelaat word dat hulle, soos vele van hul voorgangers, net verdwyn terwyl die een naelryer ná die ander plaaslike fietsry bly oorheers?

Kaka is beslis een van die toer se groot helde. Hy was in Saterdag se skof vierde.

Eintlik is dié ryer se vertonings in die Clover-toer ’n aanklag teen Suid-Afrikaanse fietsry.

Vir die afgelope vier jaar is hy bloot as ontwikkelingsjaer beskou, maar die oomblik toe die renne strawwer raak, kon hy hom laat geld.

Maree het Saterdag se padfietsskof gewen, terwyl Bakke verras het toe hy Evans in die heuwelklim-tydtoets geklop het.

Bakke het met sy wentyd van 19 minute en 40 sekondes die rekord vir die heuwelklim-tydtoets oor 7.3 km teen Kowynspas op verbeter.

Joanna van de Winkel (Cyclelab-Toyota) het die vroue-toer gewen. 

- Beeld

Lees meer oor: fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 226,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.