Bekende fietsryer in hof vir kuberkrakery
2010-11-03 01:43
Parys – Die Amerikaner Floyd Landis, wat van sy titel as wenner van die 2006 Tour de France gestroop is, en sy afrigter Arnie Baker, moet in Frankryk in die hof verskyn op ‘n aanklag van kuberkrakery.
‘n Internasionale lasbrief is uitgereik vir Landis en Baker se inhegtenisname en hulle word daarvan aangekla dat hulle “onwettiglik in ‘n rekenaarstelsel ingebreek het,” volgens die prokureur Frederik-Karel Canoy, wat namens die Vivendi media-maatskappy optree.
Beide Landis en Baker word daarvan verdink dat hulle onwettiglik dokumentasie van die Franse laboratorium teen dwelmgebruik, die LNDD, verkry het in ‘n poging om die fietsryer se positiewe dwelmtoets-resultate van skof 16 in die 2006 Tour de France te betwis.
Landis het vier jaar en miljoene dollars spandeer in ‘n poging om te bewys dat hy nooit gekroek het om die wêreld se grootste fietsresies te wen nie.
Hy het uiteindelik vroeër die jaar erken dat hy en na bewering baie van sy spanmaats, insluitende Lance Armstrong, stelselmatig oor die jare dwelms gebruik het.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- Sapa - AFP