Basketbal-ondersteuners maak amok
2010-12-30 22:44
Thessaloniki - Polisie in die noorde van Griekeland het 22 mense in hegtenis geneem ná 'n groep basketbal-ondersteuners eiendom beskadig het en in 'n onderonsie met verskeie spanne se ondersteuners betrokke was.
'n Paar honderd ondersteuners van die Griekse span PAOK Thessaloniki het ontstoke reageer toe hulle toegang belet is tot hulle span se 'n wedstryd teen Olympiakos.
Olympiakos het die halfeindronde van die Griekse Beker met 'n telling van 79-60 gewen, maar eers na die wedstryd vir meer as twee uur deur geweld onderbreek is.
Die ondersteuners het met polisie en ander toeskouers slaags geraak, het die polisie gesê.
Oproeriges wat in hegtenis geneem is sal later in die hof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP